GAME & HUNT CURRENT ISSUE

Uit die redakteur se pen / From the editor’s pen

Verstout my om my in hierdie uitgawe oor te gee aan ’n tikkie nostalgie en hunkering na die goeie ou dae – die dae toe die lewe (en jagtoerusting) nog eenvoudig was en mense tyd vir mekaar gehad het. In “Die lewe se vreemde paaie” vertel Thys Vallentgoed hoe hy eendag sy sitplek in die dokter se spreekkamer afgestaan het aan ’n ou oom wat hom as blyk van waardering jare lank op sy Bosveldplase laat jag het – iets wat nie sommer vandag sal gebeur nie.
In “Valuable old things”, Cleve Cheney reminisces about the early days when handloaders did not have the sophisticated ballistic programs available today but had to try and figure things out for themselves. One such valuable item from the olden days is his cherished Powley computer for handloaders, a simple slide-rule contraption made of cardboard, which is just as useable today as when it was invented in 1961. It is ideal to take on a hunting trip, and you can sit by the light of a paraffin lamp (no electricity) and do whatever ballistic calculations take your fancy.
Die tegnologie is wonderlik en het sy plek, maar boeta, die dag as al daardie fênsie elektroniese kontrepsies se blikbreine en draadwerk deurmekaarraak, of daar is beurtkrag en jy kan geen selfone of batterye laai nie, het jy moeilikheid! Is dit dalk moontlik dat ons jagtersinstink en vernuf al effe “afgestomp” geraak het omdat ons so sterk op al dié katoeters steun? Dit is dalk iets om te bepeins as jy weer langs die knetterende kampvuur sit. Dink gerus terug aan hoe ons voorsate gejag het – slegs gewapen met hul jagtersinstink en ou roers sonder enige GPS’e, teleskope, afstandmeters, en dies meer.
Ons bederf julle hierdie maand weer met ’n klompie lekker jagstories. Dylan Love het ’n takbok gaan jag in die Oos-Kaap, Laurence Jennings vertel van al die uitgeslape bosbokramme wat hy al uitoorlê het en Nico Kotzé deel ’n onvergeetlike hiënajag in Namibië se Kunene-distrik. Lees gerus ook Piet van Rooyen se interessante artikel “Die mite oor uitstootbulle”.
Tot volgende keer, mooi loop!

Wildbedryfgroete
Game industry greetings