[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

EVENTFUL SIX MONTHS

Met die jagseisoen in volle swang, mik die meeste jagters na bestemmings in Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap, insluitende die Kalahari. Maar moenie Zoeloeland, seker een van ons land se mooiste bestemmings, vergeet nie. Stefan Fouché, WILD & JAG se Redakteur: Jag, Wapens en Ammunisie, kuier by Izak Kirsten van WOW Africa Safaris om daardie lang ontwykende trofee-rietbok te jag. Dit was ’n intense soektog. Lees op bl 50 tot 54 van sy besonderse ervaring. Stefan gee lesers ook ’n kykie in sy insiggewende besoek aan die bekende maatskappy A-Tec in Oslo, Noorweë − vervaardigers van en leiers op die gebied van wêreldgehalte-knaldempers. Verskillende produkte in die reeks is van naderby bekyk en deeglik getoets. Lees die artikel op bl 36.

Goeie nuus vir vuurwapeneienaars is dat die Noord-Gautengse Hooggeregshof beslis het dat artikels 24 en 28 van die Wet op die Beheer van Vuurwapens ongrondwetlik is. Die  hof het die Parlement opdrag gegee om die wet binne 18 maande te wysig. Lees meer hieroor op bl 8. Die lewendewild-handelsegment het in Mei vanjaar weer eens onbekende terrein betree met die aankondiging dat die produksieveilings van verskeie veilinggroepe weens die huidige markomstandighede uitgestel is.  Pryse was nog nooit tevore die bepalende faktor in die uit- of afstel van ’n bepaalde wildveiling nie. Lees dr Flippie Cloete se artikel op bl 100 waarin hy die kwessie van “Lewendewild-handelstendense: Moet ek diere terughou of verkoop?” bespreek.

Dr Morné de la Rey, veearts, pionier en embrio-oordragspesialis, het geen bekendstelling in die wildbedryf nodig nie. Lees sy insiggewende artikel op bl 112 oor die moontlikhede om reproduktiewe hulptegnieke (assisted reproductive techniques) te gebruik om die noordelike witrenoster teen uitwissing te beskerm. En lees gerus die artikel oor Jules of the Karoo in ons “In Gesprek met …”-reeks. Ons kuier hierdie keer by Julian en Martinet Theron en hul seuns in die Richmont-omgewing van die NoordKaap, waar ons ʼn omvattende gesprek het oor hul prag-springbokke, kundige en gespesialiseerde boerderymetodes en die voorspellings wat toe waar geword het.

Hennie van der Walt

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

The impala

The impala ranks high on the list of local biltong hunters. In this issue, Prof J du P Bothma discusses various aspects, such as distribution, diet, capture, meat and live sales, and trophy hunting
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

Rietbok in Zoeloeland

Stefan Fouché was vasberade om die rietbok by sy trofeelys te voeg. Hy het dié droom bewaarheid deur saam met WOW Africa Safaris by Madaka Game Ranch in die hartjie van Zoeloeland te gaan jag
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

Sako 85 Varminter

Die Sako 85 Varminter bied alles waarna ’n mens in ’n geweer soek – dit is uiters akkuraat, het ’n ongelooflike lekker aanlê en balans, asook gladde voer van patrone uit die magasyn, skryf Willem Botha
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

Lewendewild-handel: Diere verkoop of terughou?

Baie wildboere staar onsekere tye en moeilike besluite in die gesig maar hulle moet teen ondeurdagte besluite waak. Selfs teen die huidige prysvlakke bied wild steeds ’n mededingende grondgebruikopsie vergeleke met soortgelyke alternatiewe
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

In gesprek met … Jules of the Karoo

Hennie van der Walt van WILD & JAG het op die plaas Plaatfontein in die Noord-Kaap gaan kuier om met die eienaar Julian Theron, oftewel “Jules of the Karoo” oor sy suksesvolle springbokboerdery te gesels
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

Rhino reproduction

There are only three northern white rhinos left in the world. However, various semen samples and cell cultures have been saved. Can we use assisted reproductive techniques to save this animal from extinction?
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_PostCarousel_Widget”][/siteorigin_widget]

CONNECT WITH US

Instagram | Facebook | YouTube | KykNet

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Headline_Widget”][/siteorigin_widget]

Facebook